Archive | Februarie, 2013

Mtunzini veg voort…

10 Feb

As Tronox/Exxaro dit regkry om die sandduine by Mtunzini vir titaan te myn, sal geen gemeenskap dit in die toekoms waag om enige myn ‘n hofstryd aan te sê nie.

Só meen het die Mtunzini Bewaria(MB) nadat dié gemeenskap onlangs bloedneus in die hooggeregshof in Durban gekry het. Die Bewaria het die hooggeregshof genader om Tronox/Exxaro te keer om sy sandmyn te begin bou voordat die myngroep nie eers die gebied gehersoneer het nie. Tronox het nog nie eers ‘n waterlisensie nie en die myngroep begin reeds voorbereidings vir sy myn tref. Dalk weet hy iets wat die res van Suid-Afrika nie weet nie.

Die MB het gesê hy meen hy het baie goeie gronde om teen Regter Rashid Vahed van die Durbanse Hooggeregshof se onlangs uitspraak te appelleer. Die Bewarea apelleer ook teen die kostebevel wat Vahed teen MB gemaak het.

Die MB het in Oktober verlede jaar ‘n dringende aansoek in die hooggeregshof gebring dat Tronox/Exxaro gekeer moet word om sy Fairbreeze -myn in die sandduine by Mtunzini te begin, voordat die grond nie gehersoneer is nie.

Vahed het egter aangevoer Tronox het nie nodig om die grond te hersoneer nie, omdat dié myngroep hul mineraleregte reeds in 1991 ontvang het en dat hy nie onderhewig is aan nuwe wetgewing nie. Dis vreemd.

MB sê egter die Grondwet wat in 1996 in werking gekom het en die Wet op die Ontwikkeling van Minerale en Pretroleum Hulpbronne (2002) het die Mineralewet van 1991 vervang.

Vahed het MB daarop beveel om die multinasionale maatskappy, Tronox, se regskostes ook te betaal.

MB sê die kostebevel is vir hom “’n groot bekommernis” en dat dit implikasies vir die burgerlike gemeenskap inhou. Wie gaan dit nou waag om enige multi-nasionale maatskappy hof toe te neem?

Volgens MB hou dit ook groot implikasies in vir toekomstige beplanning van grond in die land.

As Tronox toegelaat word om voor te gaan, sal 8 reuse vleie in die gebied vernietig word.

Die MB dring tans ook by die s die LUR vir Landbou en Omgewingsake in KwaZulu Natal daarop aan dat Tronox ‘n volledige omgewingsimpakstudie doen voordat hy vir ‘n mynlisensie aansoek doen. Die LUR het glo toestemmin gegee dat Tronox/Exxaro net ‘n basiese omgewingstudie (Basic Assessment) doen. Dit is ook besodner vreemd, omdat Tronox/Exxaro se beoogde myn in ‘n baie sensitiewe gebied geleë is.

Inwoners van Mtunzini is lankal op die oorlogspad oor Tronox, ’n Amerikaanse maatskappy met ’n bedenklike omgewingsgeskiedenis. Tronox het twee jaar gelede ‘n transaksie met Exxaro aangegaan om namens dié Suid-Afrikaanse mynreus dié dorpie se duinesand te myn. Exxaro bou glo die myn en Tronox gaan die titaan uithaal.
Me. Barbara Chedzey, voorsitter van die Mtunzini Conservancy (MC), sê inwoners van dié dorpie aan die KwaZulu-Natalse noordkus is “hewig ontsteld” oor die rol wat Tronox nou by Mtunzini wil speel.
Tronox het in Februarie 2011 ontstaan nadat die Kerr-McGee Corporation homself in Amerika laat likwideer het toe die Environmental Protection Agency (EPA) etlike miljarde dollars van dié maatskappy geeïs het weens erge omgewingsoortredings. Kerr-McGee is daaraan skuldig bevind dat hy duisende gebiede in 22 deelstate in Amerika besoedel het met onder meer radioaktiewe afval. Van dié afval is in die Coloradorivier gestort.
Chedzey het gesê dit is onaanvaarbaar dat ’n maatskappy soos Tronox nou sy verwoestingswerk by Mtunzini wil voortsit.
Die Wildlife and Environment Association of South Africa (Wessa) en Coastwatch sê hulle is gekant teen die voorgenome myn omdat dit die biodiversiteit van KwaZulu-Natal se noordkus onherstelbaar gaan beskadig.
Die MC het appèl aangeteken teen Exxaro se omgewingplan vir die sandmyn omdat dit net ’n breë raamwerk (Basic Assess­ment) bevat van wat beoog word.
Die MC dring daarop aan dat Exxaro ’n behoorlike omgewingsimpakstudie doen. “ ’n Mens stel ’n breë omgewingsraamwerk op as jy ’n selfoonmas wil oprig, nie as jy met ’n massiewe myn wil begin nie,” het Chedzy gesê.
Mnr. Hilton Atkinson, Exxaro se woordvoerder, het gesê as alles volgens plan verloop, sal Tronox die sandmyn by Fairbreeze behartig. Hy het vroeër gesê Exxaro beplan om in 2013 met die Fairbreeze-myn by Mtunzini te begin.

Die Limpoporivier in sy volle glorie

4 Feb
Inwoners van Mohambe in die Gasa-provinsie juig oor sakke droë bone wat die SA lugmag en die vloot by hulle afgelewer het. Foto: Elise Tempelhoff

Inwoners van Mohambe in die Gasa-provinsie juig oor sakke droë bone wat die SA lugmag en die vloot by hulle afgelewer het. Foto: Elise Tempelhoff

'n Teerpad in die pad van die Limpopo

‘n Teerpad in die pad van die Limpopo

....onder water.

….onder water.

Die vol Limpoporivier kronkel deur die Gasa-provinsie in Mosambiek. Foto:Elise Tempelhoff

Die vol Limpoporivier kronkel deur die Gasa-provinsie in Mosambiek. Foto:Elise Tempelhoff[/caption]

Die Limpoprivier het die afgelope twee weke oor sy walle gebars en oor sy reuse-vloedvlakte gevloei. Dit het die lewens van 39 inwoners van Mosambiek geeïs en tussen 150 000 en 200 000 mense dakloos gelaat. Honderde stuks vee het ook verdrink.
Die “vloed” wat dikwels in ‘n negatiewe sin gesien word, is ‘n doodnatuurlike verskynsel. Dit móét gebeur, want die aarde is ‘n lewende organisme met siklusse. Dis byna soos om asem te haal. Die rivier moet in vloed kom om hom skoon te spoel. Volgens prof. Kobus van der Walt, omgewingskundige van die Potchefstroomse Universiteit van Noordwes(NWU), is dit “byna soos ‘n toilet” wat spoel.
En tydens die vloed word voedingstowwe ook op die vloedvlaktes neergelê. Dit maak die vloedvlaktes baie vrugbaar en mense plant hul mielies, suikerriet en deesdae selfs rys daarin. Dit het hierdie keer wéér weggespoel, soos al die jare tevore. En meer nog, ‘n groep Chinese wat besig is om reuse ryslande suid van Xai-Xai te begin, het al hul infrastruktuur verloor. Dit beloop glo miljoene.
Die rivier was die afgelope dekade byna drie of vier keer in vloed. Twee keer was die vloed hewig, nóú en in 2000.
Elke keer as die rivier in vloed is, word mense van huise se dakke of uit bome gered. Elke keer is daar ook lewensverlies en rampspanne wat Mosambiek toe vlieg om mense uit oorstroomde dorpe (meestal, elke keer Chokwe) te gaan red en kos te gaan aflaai.
‘n Natuurverskynsel word dan skielik ‘n ramp: omdat mense woon waar hulle nie veronderstel is om te woon nie. Die mense verloor als: hul vee, hul huise en hul landerye. Hulle het niks oor nie en die wêreld moet help. Meer as ‘n honderd hulporganisasies is tans besig om ‘n humanitêre krisis te probeer afweer.
‘n Mens voel byna skuldig om te sê dit kos belastingbetalers elke keer etlike miljoene om hulp te verleen.
Die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW) noem dit gesamentlike operasies. Volgens die SANW se jongste jaarverslag(JV of Joint Ventures) het hy verlede jaar R42miljoen aan sulke operasies bestee. Die SANW was baie verontwaardig toe ek navraag doen oor hoeveel die huidige operasie kos, want hoe kan ek die “redding van menselewens in geldwaarde omsit”? En hoe meer ek probeer verduidelik dat hierdie soort reddingsoperasies in ‘n groot mate voorkombaar is as mense hul vestigingspatroon verander, hoe meer is ek verkwalik.
Ek was op 30 Januarie saam met die Suid-Afrikaanse Lugmag in Chibuto en wat ek uit die lug gesien het, was ‘n asemrowende natuurwonder: ‘n massiewe rivier wat sy vloedvlakte voed.
Vanuit die lug het ons ook stukkende paaie en kanale gesien, huise waarvan die dakke net-net uitsteek, kragpale wat meegesleur is en versuipte mielies, suikerriet en ryslande. En hier en daar was “vlugtelingkampe” op droë grond.
Die SANW, wat vanaf “‘n eiland” opereer, omdat Chibuto, sowat 35km suidoos van Chokwe ook deur vloedvlaktes en die Limpopo omring is, het sedert verlede Vrydag 150ton kos, hope klere, tydelike toilette, matrasse en komberse na die “vlugtelingkampe” gevlieg.
Dit het my weer ‘n trotse Suid-Afrikaner gemaak om te sien hoe 80 SANW –lede geen moeite, ongerief of tyd ontsien, om hul medemens se lyding te help verlig nie. Die SANW was die spil waarom die hulverleningsoperasie gedraai het. Met sy 2 Oryx-helikopters het die SANW (wat ook uit lede van die vloot en lugmag, asook gesondheidsdienste) bestaan, saam met die Rooikruis, USAID, die Wêreldvoedselprogram, Gift of the Givers en vele ander gewerk en gehelp met die verspreiding van hulp-en lewensmiddels.
Die Instituut vir Rampbestuur in Mosambiek het gesê hulle het nou met ‘n veldtog begin om mense te ontmoedig om na hul huise in die vloedvlakte terug te trek. Stadig maar seker, kom die dus boodskap deur.
Prof. Dewald van Niekerk, direkteur van die Afrikasentrum vir Rampbestuur by die NWU, sê as ‘n mens klimaatsverandering in ag neem, gaan die Limpoporivier in die toekoms méér dikwels oor sy walle stroom en groter vloede veroorsaak.
Dit is ook een van die (indien nie dié) armste lande in die wêreld. Dít na jare van burgeroorloë en natuurrampe. As dit nie die binneland is wat oorstroom nie, is dit siklone (vanuit die Mosambiekkanaal tussen dié land en Madagaskar) wat die ooskus van Mosambiek teister.

Kortliks oor die Limpopo:
Dié rivier ontspring in die sentrale deel van Suidelike Afrika. Dit is naas die Zambezi die tweede grootste rivier wat in die Indiese Oseaan uitmond. Al Suid-Afrika se riviere, buiten die Vaalrivier, wat in Mpumalanga ontspring, vloei deur Mosambiek see toe. Dié land is een van die kwesbaarste lande wat klimaatsverandering betref.
Dit is ook een van die (indien nie dié) armste lande in die wêreld. Dít na jare van burgeroorloë en natuurrampe. As dit nie die binneland is wat oorstroom nie, is dit siklone (vanuit die Mosambiekkanaal tussen dié land en Madagaskar) wat die ooskus van Mosambiek teister.
Limpopo beteken watervalle in Zulu, Xhosa, Siswati en Ndebele.
Die rivier is sowat 1,750km lank en sy opvangsgebied is 415 000 vk.km
Waar die Maricorivier en die Krokodil bymekaar kom(in die weste), word hy die Limpopo genoem.
Die Notwane is een van sy hoofsytakke. Dié rivier ontspring in die Kalahari in Botswana en loop in ‘n noordoostelike rigting. Die Olifantsrivier (waarvan die opvangsgebied in Mpumalanga feitlik opgemyn word vir steenkool) is die grootste sytak. Die Limpopo se ander sytakke is onder meer die Sashe, Mzingwabe, Mwenezi en Luvuvhu, asook die Nwanedi.

Volgens dokumente is daar 1 900 myne in die hele Limpopo-opvangsgebied en 1 700 verlate myne. Die rivier word dus mishandel en misbruik in sy opvangsgebied.